|

Kadot
is ‘n plaasdonkie met gevoelens.
Net
soos al ons kleuters en jong kinders sukkel hy om sy gevoelens
te verstaan. Hy word bang, hartseer, opgewonde – en elke keer
is Paul (Ivan Botha) of Helenè (Bester) daar om klein kykers
te help om die emosies te verstaan. Paul gebruik die geleentheid
om ‘n storie van ‘n profeet uit die Bybel te vertel.
Die
stories kry lewe met Marcel Rossouw se treffende en kleurvolle
illustrasies. Elke episode word met ‘n spesiale liedjie deur
Helenè Bester afgesluit. Helenè en begaafde komponis, Mariëtte
Galjaard het spesiaal 7 nuwe liedjies hiervoor geskryf.
Die
stories het ‘n redelike tempo sodat kinders nie verveeld raak
nie en dis in ‘n taal en vorm wat kinders sal verstaan. “Kadot
en die Profete” sal jou kind leer van die profete, soos Nehemia,
Habakuk en Joël, asook die meer bekende profete soos Elia
en Jona.
|