|
Kadot
en die Profete is ‘n produksie
wat deur die KICK (Kinders in Christus Kan) Produksies
Trust vrygestel en deur Lizel Donovan versprei word.
Dit
is die breinkind van Lizel Donovan, ‘n oud geoktrooieerde
rekenmeester, en nou voltydse mamma. Die produksie het die
lig gesien met die hulp van nog ‘n mamma, Liezel Olivier-Rossouw
wat ‘n kleurvolle televisie agtergrond het.
Om
geboorte te gee aan die hoofkarakter, Kadot die donkie, is
die talente van ‘n veteraanspan ingeroep. Antoinette Snyman
– van Wielie Walie dae – was verantwoordelik vir die skepping
van die dierbare donkie, en is ook die poppemeester wat aan
Kadot lewe gegee het gedurende die produksie.
Lochner
de Kock, met sy begaafde vermoë om lewe te gee aan kinderkarakters
het geskaaf en geskaaf totdat hy ‘n nommerpas stem vir Kadot
gevind het. So het Antoinette en Lochner, uit ‘n pragtige
maar lewelose handpop, ‘n dromerige, dommerige, leergierige
plaasdonkie gekep. Kadot het sy eie personlikheid aangeneem
en het veel meer as net ‘n pop geword, Kadot het verteenwoordiger
geword van kleuters wat oor baie dinge wonder, en oor baie
dinge vrae het.
Helenè
Bester, bekende sangeres, met haar liefde vir kinders was
van die begin af deel van die projek. Sy het die geleentheid
gebruik om haar liefde vir haar Skepper met kinders te deel.
Sy en haar komponis vriendin, Mariëtte Galjaard, het
‘n musiek kwaliteit neergepen wat oud en jonk kliphard wil
laat saamsing. Di nuwe liedjies wat spesiaal vir Kadot geskryf
is, is so spesiaal, dat mens nie anders kan as om God se hand
daarin raak te sien nie.
Om
die regte aanbieder te vind, wat ‘n vriend en vertoueling
van ons dierbare donkie kon wees, het in ‘n baie lang soektog
ontaard. Na vele oudisies en met die hulp van verskeie bronne,
en ook, nadat ons al op moedverloor se vlakte was, het Ivan
Botha – van onder andere "Bakgat", "Villa Rosa"
en "Getroud met Rugby" faam - verskyn as Kadot se
mentor, Paul. Ivan straal daardie ondefinieerbare "iets"
uit wat jonk en oud by hom laat aanklank vind.
Ds
Petrus Harmzen, van die Nederduits Hervormde kerk, Hartbeesfontein,
het met die eerste onderwerp "Kadot en die Profete"
vorendag gekom. Antoinette Snyman het die konsep aangepas
vir multimedia, terwyl ds Petrus deurentyd sy oog oor die
teologiese aspek van elke episode gehou het.
Marcel
Rossouw, ‘n baie begaafde kunstenaar, het 50+ illustrasies,
met die hand en digital geskets, en dan ook nog beweging ingebring,
wat aan elkeen van die profete en hul omstandighede lewe gegee
het.
|