|
Speletjies:
Die
son het gesak oor Hartbeesfontein. Kadot se episodes was alles
gelukkig klaar geskiet. Energievlakke was laag en die bondel
kinders was uitgehonger vir aandag. Kadot se aanbieder, Paul
of meer bekend as Ivan Botha, het homself as die held vir
die dag waarlik met hierdie blink gedagte bewys.
Tannie
Babs, ons gasvrou se foelie - wat die kos ‘n uur terug beskerm
het - is gevou, geskeur, gedraai en geknyp tot in die perfekte
20cm lange miniatuur hokkiestokkies. ‘n Pinkie nael grootte
balletjie is vernuftig gerol en siedaar, ‘n hokkiespeletjie
het op die plaashuis se vloere ontaard. Eenvoudige sokker
reëls geld, m.a.w twee foelie nette moet aan weerskante van
die speel-area aangebring word vir potensiële doele.
Moenie
te veel bekommerd wees oor die reëls nie, die hoof uitdaging
is om die balletjie te probeer manipuleer. Wonderlik vir klein
motoriese ontwikkeling.
Mammas,
akteurs en kameraspan kon rus, eet en ontlaai voor storietyd.
|